
=====================================================================
Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig

Braam de Vries was die hoofspreker by die vestiging van die Wes-Kaapse Onderwysersforum, een van 'n reeks forums wat Afrikaans in elke 
provinsie op alle moontlike gebiede in die onderwys wil ondersteun.

DRIE uitsprake oor Afrikaans kan help om ons perspektief skerp te stel:

* "Oor wat ons taal sal word, of wat vn hom sal word, kan ons nie praat nie -- behalwe met hartstogtelike verlange." (N.P. Van Wyk Louw, 
1959)
* "Ek is sonder pretensie Afrikaans. Tuis praat ek met my kinders Engels ... Die rede is dat Afrikaanssprekendheid in my gemeenskap 
bevestiging is van die mindere status wat die ideologie op ons afgedwing het." (Franklin Sonn, D.F. Malherbe-lesing, 1989)
* 'n Paar weke gelede op die TV-program Pasella s me. Debora Meyer, 'n swart Afrikaanssprekende van Pretoria (ek som op): "Ek is swart en 
my moedertaal is Afrikaans. Daar is tienduisende soos ek. Ons is Afrikaans en ons is swart en ons wil so aanvaar word."

Van Louw se "hartstogtelike verlange", deur Sonn se aanstoot aan die dwingelandy van apartheid tot Meyer se selfbevestigende: ons is 
Afrikaans en ons is swart en so wil ons aanvaar word, is daar 'n belangrike ontwikkeling waarvan in die huidige taledebat nie genoeg kennis 
geneem word nie. Want as gedebatteer word oor Engels as enigste parlementre taal, as Afrikaans afgeskaf word aan die Vrystaatse Glen 
Landboukollege "om die internasionale status van die boere te verbeter" (!) is dit -- wat die Grondwet ook mag s -- in die praktyk 
dieselfde taalpolitiek waarmee dr.   Andries Treurnicht in 1976 Afrikaans in swart skoliere se kele probeer afdruk het. Die taal het 
verander, die magsmisbruik bly dieselfde. En die redes herinner al hoe meer aan George Orwell: "Jy moet 'n lid van die intelligentsia wees 
om dit te glo -- geen gewone mens kan so dwaas wees nie!"

In elkeen van die bostaande sitate is dit baie menslike emosies en ondervindings wat die argument lei. En inderdaad, wie oor 'n taal besin, 
besin oor mense; wie oor Afrikaans besin, besin oor die hele Afrikaanssprekende taalgemeenskap.

Maar ons is -- as erfstuk van wat die vorige regime met woorde gedoen het -- nog steeds geneig om mense uit tale weg te dink. Ons praat van 
tale in 'n politieke magspel, in terme van "internasionale status", "bemagtiging", selfs "politieke korrektheid". Dit is die doodloopstraat 
waarin die gesprek oor tale in Suid-Afrika vasgeloop het.

Die sluipende bevoorregting van een taal bo al die ander om "internasionale status" of "by gebrek aan belangstelling" of om "finansile 
redes" is politieke clichs wat negeer dat daar mense is wat Afrikaans praat, gewone mense wat "bemagtig" word deur IsiXhosa, IsiZulu, 
XiVenda, Afrikaans goed te gebruik.

Per oopmaak en slot van rekening is daar in elkeen van ons 'n taal, 'n onvervreembare taal, waarvan Italo Calvino in The Literature Machine 
s:   "Everything can change, but not the language that we carry inside us, like a world more exclusive and final than one's mother's 
womb."

Die verhouding tussen hierdie taal en die spreker daarvan is een van die heel intiemste verhoudings wat die mens ken. Ons praat nie sonder 
rede van iemand se moedertaal nie. Gesonde selfrespek is die primre rede waarom 'n mens aandring op eerbied vir hierdie "onveranderbare 
taal wat ons in ons dra". Daarop is elke mens geregtig, ook volgens ons Grondwet en die Handves van Menseregte. Natuurlik kan jy ander tale 
aanleer; zoveel talen als ik kan ... 'n bekende gesegde. Maar die meeste van ons huldig hierdie "diepste taal" in die aksente waarmee ons 
selfs gd aangeleerde tale praat.

Ek het teen die einde van ons ancien rgime elke dag groter respek gekry vir kollegas en vriende by die Technikon Skiereiland, wat 'n 
balans   gehandhaaf het tussen enersyds hierdie taal en andersyds die pyn wat veroorsaak is deur ons byna halfeeu van onreg waarmee die 
daaglikse gebruik van die taal besmet geraak het.

Vanuit die perspektief van eerbied dan die volgende oor die toekoms:

Afrikaanssprekendes sal moet help om aan ons staatsvorm, demokrasie, 'n menswaardige inhoud te gee. Demokrasie as naam is geen waarborg 
nie, dit was ook een van die D's in die DDR. Demokrasie kan maklik word wat Jorge Luis Borges   dit eenmaal genoem het: die misverstand van 
getalle. Die misverstand van getalle beteken die verontagsaming van die menings en gevoelens van ander en die gebruik van getalle om jou 
politieke sin te kry. Wat het dit met menslike geluk te make? vra Borges tereg.

Vir tale beteken dit om diegene teen te gaan wat met die misverstand van getalle eentaligheid wil afdwing, in plaas van om allerwe goeie 
wil te toon vir wat Neville Alexander genoem het   'n "tolerante houding wat taaltrots kweek binne die raamwerk van 'n groter en veeltalige 
Suid-Afrika".

In die huidige tendens van verengelsing word teen alle nie-Engelse moedertaalsprekers gediskrimineer. Hoewel diskriminasie op grond van 
velkleur, ras, geloof, geslag, ens. met reg teen die wet is, floreer taaldiskriminasie.

Die goedgelowigheid dat daar mense in posisies van gesag is "wat beter weet", het ons duur gekos. Demokrasie l aan elkeen die burgerlike 
plig op van waaksaamheid. Nie sonder rede nie.

Die geskiedenis het die hebbelikheid om hom te herhaal. Daarom is dit niks vreemds nie dat di Afrikaanse skrywers wat in die vorige regime 
teen die korrupsie van mag geskryf het, nou weer diegene is wat waarsku: Jan Rabie, Andr P. Brink, Breyten Breytenbach, George Weideman, 
Hennie Aucamp. In 'n onlangse uitgawe van De Kat s   Jan Rabie,   sekerlik een van die grootste Afrikaanse mense wat ek ken: Die grootste 
gevaar vir die toekoms is "dat die verlede homself sal herhaal. Ons het nie 'n demokrasie nie. Hulle s sommer so."

Afrikaans se bydrae tot vervorming van ons demokrasie tot mensmaat sal moet vergesel word van die ideaal om, juis in teenstelling tot die 
verlede, Afrikaans die taal te maak waarin gehalte en variasie 'n tuiste vind. Die tendens is reeds aanwesig: die kritiek van 'n gebrek aan 
gehalte en variasie op die Afrikaanse kunstefeeste het ek nog nie gehoor nie. Las hierby die groeiende aantal lesers van Die Burger, die 
groeiende   aantal voortreflike publikasies van jong skrywers en digters uit die agtergestelde groepe by 'n uitgewery soos Kwela,   las by 
die groeiende studentegetalle by die Universiteit van Stellenbosch. Afrikaans word oor   politieke grense heen reeds toenemend geassosieer 
met variasie en met gehalte.

Laastens: die nuwe Suid-Afrika is nou deel van die dorp genaamd aarde. Wat met die Afrikaanse mens gebeur in die volgende millennium kan 
nooit weer in isolasie gebeur nie.

Ook Europa word binnekort 'n groot geheel. 'n Europa sonder binnegrense, met 'n Europese parlement, 'n parlement wat reeds in elf tale 
funksioneer.

Die taalimplikasies is dat ook die Europer hom/haar as Nederlander, as Duitser, as Brit moet hervind binne die groter geheel van 'n 
Verenigde Europa. Vroer het elke taal sy eie landgebied gehad. Nou loop mense en die tale wat hulle praat, deurmekaar.

Soos in Suid-Afrika is hierdie probleme praktiese probleme. Daar moet vir die eerste maal in vier eeue nou beplan word vir bv. Nederlands 
as taal van hor onderwys in Nederland, vir literatuur, vir die Nederlandse boek. Daar moet beplan word vir al die sg. kleiner tale 
(Nederlands, Deens) teenoor die groter tale: Duits, Engels, Frans. Nederlanders is gewoonlik ook Duits, Frans en Engels magtig; waarom 
boeke vertaal? Watter boeke vertaal? Hoekom elf tale toelaat in die Europese parlement as die paar wreldtale (wat al die parlementarers 
magtig is) goedkoper is?

Rigtinggewend in die oplossing vir di praktiese probleme is die helder besef in bv. die Europese parlement dat respek vir elke mens se 
taal, ondanks die finansile koste daarvan, ng goedkoper is as die gevolge van al die negatiewe en gevaarlike emosies wat diskriminasie 
teen 'n taal by die mense wakker maak wat juis di taal intiem en onvervangbaar in hulle omdra.

My pleidooi is vir die beskaafde, menswaardige hantering van praktiese taalprobleme in die nuwe millennium. Teen elke ideologie. Teen alle 
magsmisbruik. Dr. Abraham H. de Vries   is 'n akademikus en kortverhaalskrywer. Die onderwysforums is gevestig deur Olga Sema, 
Afrikaansvakadviseur en SvA trustee.   Provinsiale onderwysdepartemente, uitgewers en kultuurorganisasies is betrokke.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av551.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

